Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Volmaanpiekniek | Full Moon Picnic

18th March 2022 @ 5:00 pm - 10:00 pm

Die maan is waarlik belowe by die Taalmonument / Taalmonument promises the moon – for real (English below)
Seisoen se eerste volmaanpiekniek wink
Meeste mense is dalk Covid-19-voos, maar soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel almal hartlik uit om die eerste Volmaanpiekniek van die seisoen op Vrydag, 22 Oktober 2021, met hulle te vier.
Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou en die monument, ʼn simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Besoekers word ook aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders. Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring. Onthou ook warm klere en ʼn flits, asook ʼn masker. Sien www.taalmuseum.co.za/covid-19/ vir die spesifieke protokolle.
Toegang is R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensionarisse, en gratis vir kinders onder 18 jaar asook jaarpermithouers. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie. Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin (tot 30 November 2021 teen ʼn 20%-afslag aangebied), wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van ‘Laat ons Lees!’, die Taalmuseum se geletterdheidsprojek vir kinders, en besoekers word versoek om ʼn nuwe of tweedehandse kinderboek te skenk.
Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.
DIE TAALMONUMENT EN TAALMUSEUM IS OOP VIR BESOEKERS – TANS GRATIS TOEGANG VIR KINDERS ONDER 18. Die volgende Volmaanpieknieks is op 19 November, 18 Desember en dan op 15 Januarie, 18 Februarie en 18 Maart in 2022.
Taalmonument promises the moon – for real
Season’s first full moon picnic beckons
Most people are fed-up with Covid-19, but you don’t need to cry for the moon to make a perfect evening out possible. Simple join the Afrikaans Language Museum and Monument’s friendly staff on the picturesque Paarl Mountain to celebrate the first Full Moon Picnic of the season on Friday, 22 October 2021, with them.
The picnics are very popular with local residents and tourists alike, who especially enjoy the sunsets and incredible night scenes. Visitors can come anytime between 17:00 and 22:00, and have a look at the monument, which is an exceptional, symbol-rich sculpture. Visitors are also encouraged to explore, and there are outdoor games and playgrounds for children. Guests are welcome to bring their own picnic baskets. Dress warmly and bring a torch, and a mask. See www.taalmuseum.co.za/covid-19/ for the specific protocols.
Tickets are R40 per adult, R10 for SA students and free for children under 18 years and holders of annual permits. They are available from Computicket or at the gate, and no booking is required. Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family (offered at a 20%-discount until 30 November 2021), which includes access to all Full Moon Picnics. The evenings are held in aid of ‘Let’s Read!’, the Language Museum’s literacy project for children, and visitors are encouraged to donate a new or second-hand children’s book.
For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the, call 021 872 3441/863 0543, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution’s past, present and future. There are also many resources for school and research projects.
THE LANGUAGE MONUMENT AND LANGUAGE MUSEUM ARE OPEN TO VISITORS – CURRENTLY FREE ENTRY FOR CHILDREN UNDER 18. The next Full Moon picnics are on 19 November, 18 December and then on 15 January, 18 February and 18 March in 2022.

Details

Date:
18th March 2022
Time:
5:00 pm - 10:00 pm
Website:
tickets.computicket.com/event/volmaanpiekniek/6859348

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl
Paarl, Western Cape 7646 South Africa
+ Google Map
View Venue Website