Lollos se gunsteling kleur is Blou! Disco hou baie van Groen en Geel. Karla is MAL oor Rooi en natuurlik is Lettie se heel beste kleur: Pienk! In hierdie episode van Lollos en Lettie se manewales ontdek die span al die kleure van die Reënboog.
Met elke nuwe kleur ontdek hulle ook ’n nuwe storie en met elke nuwe, opwindende storie leer hulle ietsie nuuts. Uiteindelik leer Lollos en Lettie dat elke kleur sy eie spesiale plekkie in die Reënboog het – en dit is eers wanneer al die kleure bymekaar kom dat die Reënboog kan skitter en skyn.
Soos oudergewoonte van Lollos, is hierdie reënboog-avontuur ook propvol interaktiewe pret, grappies en baie danspassies wat enige kindergehoor op hulle voete sal hou en laat skaterlag van die begin tot die einde.
𝗠𝗮𝗮𝗸 𝘀𝗲𝗸𝗲𝗿 𝗷𝘆 𝘀𝘁𝗼𝗼𝗿 𝗼𝗻𝘀 𝗸𝗼𝗻𝘁𝗮𝗸 𝗻𝗼𝗺𝗺𝗲𝗿 𝗼𝗽 𝗷𝗼𝘂 𝘀𝗲𝗹𝗳𝗼𝗼𝗻, 𝗼𝗺 𝗼𝗽 𝗵𝗼𝗼𝗴𝘁𝗲 𝘁𝗲 𝗯𝗹𝘆 𝘃𝗮𝗻 𝗲𝗻𝗶𝗴𝗲 𝘃𝗲𝗿𝘄𝗶𝗸𝗸𝗲𝗹𝗶𝗻𝗴𝗲 – 𝟬𝟲𝟱 𝟮𝟵𝟴 𝟯𝟴𝟲𝟰.
*𝗕𝗘𝗣𝗘𝗥𝗞𝗧𝗘 𝗞𝗔𝗔𝗥𝗧𝗝𝗜𝗘𝗦 𝗜𝗦 𝗕𝗘𝗦𝗞𝗜𝗞𝗕𝗔𝗔𝗥 & 𝗖𝗢𝗩𝗜𝗗 𝗥𝗘𝗚𝗨𝗟𝗔𝗦𝗜𝗘𝗦 𝗚𝗘𝗟𝗗
*Kaartjies is slegs beskikbaar op Quicket teen R100pp. Sien verskeie betaalopsies.
*Ouers & kinders betaal ongeag ouderdom. Babas onder 12 maande is gratis. Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.
*Ons doen ongelukkig 𝗴𝗲𝗲𝗻 𝘁𝗲𝗿𝘂𝗴𝗯𝗲𝘁𝗮𝗹𝗶𝗻𝗴𝘀 nie. Indien die vertoning nie kan voortgaan nie agv verdere inperkings, sal ons genoodsaak wees om die vertoningdatum aan te skuif en u kaartjies sal geldig wees vir die nuwe datum.
*Kinders onder 6jaar hoef nie maskers te dra nie.
𝗪𝗔𝗡𝗡𝗘𝗘𝗥 / 𝗪𝗔𝗔𝗥:
-Saterdag oggend, 11 Desember om 10am by Die Strooidakkerk se saal (163 Main rd, Hoog-en-Droog, Paarl)
𝗦𝗜𝗧𝗣𝗟𝗘𝗞𝗞𝗘:
Piekniekstyl – u is welkom om ‘n kombersie te bring om op te sit. Met ons vorige vertonings het ons ondervind dat ouers eerder verkies om saam met hulle kinders op die grond te sit, terwyl hulle kan spring en dans. Daarom sal daar slegs enkele stoele uitgepak word.
Neem Kennis: Daar sal ongelukkig nie met hierdie vertoning fotos geneem word nie.
Vir enige navrae kontak 065 298 3864 / admin@kindervermaak.co.za