Luna Paige en Schalk Joubert maak sedert 1999 saam musiek. Hul paaie het gekruis met die maak van die album Eve: Women in the garden of song. Hier het Luna haar debuut as liedjieskrywer en sangeres in die geselskap van sangeresse soos Lesley Rae Dowling en Laurinda Hofmeyr gemaak.
Sedertdien het sy 5 solo albums, 7 enkelsnitte en ‘n SAMA-genomineerde CD by name van Korreltjie Kantel vrygestel. Sy is ook bekend as vervaardiger van en uitvoerende kunstenaar in ‘n verskeidenheid van musiekteaterproduksies, waaronder die mees onlangse produksie by name van ‘Smeltkroes’ in 2021 op Woordfees se opwip TV-kanaal te siene was.
Paige het in Augustus 2021 vier enkelsnitte vrygestel in die vorm van ‘n kortspeler by name van ‘Behold, My Heart’. Sy is van plan om deur die loop van die jaar verskeie nuwe enkelsnitte uit te reik.
Sy sal haar reeks nuwe musiek afsluit met die offisiële vrystelling van haar tweede Afrikaanse album, presies 10 jaar na die uitreik van haar eerste Afrikaanse CD en DVD, Storielied.
Luna en Schalk skop haar opwindende musikale jaar af met ‘n optrede by Die Bôrdienghuis Teater in Wellington.
Kom kuier saam, kom luister na ‘n verskeidenheid van nuwe musiek, sowel as ou gunstelinge. Kaartjies kos R150.
Deure open 5nm vir pizza en wyn.
Vertoning begin om 7nm.
Bespreek by Jeannine 061 156 5386
www.lunapaige.com
Luister na Luna se kortspeler Behold, My Heart