KAARTJIES BESKIKBAAR VANAF 4 FEBRUARIE 2022 BY HUGENOTE HOëRSKOOL
Volwassenes: R80
Kinders: R40
Na twee jaar, is die wag verby!
Hugenote Hoërskool bied aan: Joshua na die Reën. Die konsert is vir oud en jonk en sal op Murrayfield (A-Rugbyveld) van Hugenote Hoërskool aangebied word.
Hekke open om 18:00. Voorprogram begin 19:00 en JNDR begin direk daarna.
Koeldrank en kosstalletjies beskikbaar. Voorafbestellings vir etes is noodsaaklik om jou kos te verseker. Dit is beskikbaar saam met die aankoop van kaartjies.
Bring eie kampstoel of kombers en kuier onder die sterre met die sterre!
Kore van Hugenote Hoërskool, Hugenote Laerskool en Hugo Rust Laerskool doen voorprogram!
Joshua na die Reën behandel uiteenlopende temas in sy musiek – van vrolike tot introspektiewe. Die liriese inhoud van sy album is gebaseer op persoonlike ervarings en is ten alle tye eerlik, onpretensieus en outentiek.
“Joshua na die Reën is ‘n opwindende unieke nuwe stem op die Suid-Afrikaanse musiek horison. ‘n Nuwe klank wat nog nie in Afrikaans gehoor is nie. ‘n Oorspronklike liedjieskrywer en sanger met die mooiste melodieë. Luister gerus ‘Dra die liggies’… ‘Hardloop in die veld in’… en ‘Lig op die Horison’… Daar was lanklaas ‘n mooi nuwe gesig en stem wat so gesout agter die klavier inskuif en die wêreld oorrompel met sy songs!”
~ Jak de Priester