Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Jazz Piekniekkonsert | Jazz Picnic Concert

19th Feb 2022 @ 7:00 pm - 8:00 pm

Onvergeetlike sononder-jazz en piekniek wink / Memorable sunset jazz and picnic beckon (English below)
Vier die lewe by die Taalmonument
Die ryk Suid-Afrikaanse en inderdaad Afrika-jazztradisie is die strelende fokus van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se soel sonsak-piekniek op Saterdag, 19 Februarie 2022, wanneer bekende jazzsterre hulde bring aan hierdie internasionale musiekstyl wat in die vasteland en haar mense gewortel is. Chadleigh Gowar se orkes met Zeke le Grange, ʼn saksofoon-sensasie, en Jason Ward, meester van die slaginstrumente, beloof om die gehoor op ‘n musikale reis te neem terwyl die son agter die ikoniese monument wegsmelt.
Die res van die talentvolle en ervare groep bestaan uit Roderick McKay op die klavier, Lee Ludolph op die kitaar en Damian Kamineth op die tromme. Die aand se jazz-repertoire sluit ook plaaslike, oorspronklike en Afrikaanse items in, asook dansmusiek wat jou die hele aand op die been sal hou. Gaste kan vooraf die monument, ʼn simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Besoekers word ook aangemoedig om die omgewing en tydelike uitstallings te verken; daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders.
Gowar is ʼn Gold Standard Bank Ovation-bekroonde kunstenaar van die Nasionale Kunstefees 2021 en baskitaarspeler op kykNET & kie se gewilde ‘Koortjies saam Jonathan Rubain’. Hy is ook bekend om sy lang musikale verbintenis met die Suid -Afrikaanse gospelgroep Dumisani asook die Kaapse jazzkunstenaar Ramon Alexander. Le Grange het nie net Suid-Afrika in buitelandse kompetisies verteenwoordig nie, maar saam met baie plaaslike en internasionale kunstenaars opgetree soos die plaaslike ikone Jonathan Butler, Caiphus Semenya, Letta Mbulu, Hugh Masekela en Judith Sephuma. Ward het al naam vir homself onder die musikale elite en legendes gemaak deur met onder andere Oliver Mtukudzi, Hugh Masekela, Ernie Smith, John Hassan, Black Coffee en Mi Casa op te tree.
Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies en drankies (geen glas/vure) mee te bring. Trek warm aan en bring ‘n flits asook ‘n masker saam. Sien www.taalmuseum.co.za/covid-19/ vir die spesifieke protokolle.
Toegang is slegs R100 per volwassene en R80 vir pensionarisse, studente en kinders onder 18, en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en, indien daar nog oor is, by die hek op die dag self vanaf 17:00.
Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. DIE TAALMONUMENT EN TAALMUSEUM IS OOP VIR BESOEKERS – TANS GRATIS TOEGANG VIR KINDERS ONDER 18.
Memorable sunset jazz and picnic beckon
Celebrate life at the Taalmonument
The rich South African and indeed African jazz tradition is the soothing focus of the Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM)’s balmy sunset picnic on Saturday, 19 February 2022, when famous jazz stars pay tribute to this international style of music that is rooted in the continent and its people. Chadleigh Gowar’s orchestra with Zeke le Grange, saxophone sensation, and Jason Ward, percussion master, promise to take the audience on a musical journey as the sun melts away behind the iconic monument.
The rest of the talented and experienced group consists of Roderick McKay on piano, Lee Ludolph on guitar and Damian Kamineth on drums. The evening’s jazz repertoire also includes local, original and Afrikaans items, as well as dance music that will keep you on your feet throughout the evening. Beforehand, guests can view the monument, a symbol-laden sculpture without equal. Visitors are also encouraged to explore the gardens and temporary exhibits; there are outdoor games and playgrounds for the kids.
Gowar is a recipient of the Gold Standard Bank Ovation award from the National Arts Festival 2021, and bass guitarist on kykNET & kie’s popular ‘Koortjies saam Jonathan Rubain’. He is also known for his long musical association with the South African gospel group Dumisani as well as the Cape jazz artist Ramon Alexander. Le Grange not only represented South Africa in foreign competitions, but performed with many local and international artists such as local icons Jonathan Butler, Caiphus Semenya, Letta Mbulu, Hugh Masekela and Judith Sephuma. Ward has already made a name for himself among the musical elite and legends by performing with, among others, Oliver Mtukudzi, Hugh Masekela, Ernie Smith, John Hassan, Black Coffee and Mi Casa.
Guests are welcome to bring their own picnic and drinks (no glass/fires). Dress warmly and bring a torch, and a mask. See www.taalmuseum.co.za/covid-19/ for the specific protocols.
Entry is only R100 per adult and R80 for pensioners, students and children under 18, and the show starts at 19:00. Tickets are available from Computicket and, if there are any left, from 17:00 at the gate on the day itself.
For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the ATM, call 021 872 3441/863 0543, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the Taalmonument as well as numerous interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution’s past, present and future. There are also many resources for school and research projects. THE LANGUAGE MONUMENT AND LANGUAGE MUSEUM ARE OPEN TO VISITORS – CURRENTLY FREE ENTRY FOR CHILDREN UNDER 18.

Details

Date:
19th Feb 2022
Time:
7:00 pm - 8:00 pm

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl
Paarl, Western Cape 7646 South Africa
+ Google Map
View Venue Website