Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Free workshop with musician Luna at Afrikaanse Taalmonument

11th June 2022 @ 9:00 am - 1:00 pm

Taalmuseum bekyk protespoësie / Protest poetry under the spotlight at Taalmuseum (English below)
Gratis werkswinkel met musikant Luna Paige ter ere van Jeugmaand
Ter ere van Jeugmaand bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument ’n gratis slypskool met musikant Luna Paige oor Afrikaanse protespoësie aan. Op Saterdag, 11 Junie 2022, sal deelnemers die opwindende werke van onder andere Adam Small, Breyten Breytenbach, Patrick Petersen en Lynthia Julius ontleed waarna hulle hul eie gedigte en lirieke, direk deur Luna getoonset, kan skep.
Die digters wie se werk bespreek gaan word, is almal bekend om hul oorspronklike Afrikaanse werke wat maatskaplike kwessies en onderdrukking prontuit aanspreek. Gegewe die frustrasies en uitdagings wat vandag se jeug ook ervaar, is die idee van die werkswinkel om jong mense ʼn skeppende uitlaatklep vir hul idees te help gee. Deur musiek met van die gedigte/lirieke te kombineer, word daar gewys hoe klanke en woorde saam kan werk om protesboodskappe aan jonk en oud oor te dra.
Luna is ‘n liedjieskrywer, sanger en vervaardiger wat sedert 1999 vyf vollengte Engelse en Afrikaanse albums bekend gestel het. Sy geniet dit om haar eie digkuns as bindingsteks in haar musiekvertonings in te werk, en het al talle literatuurwaarderingswerkswinkels vir hoërkoolleerders aangebied omdat sy letterkunde met soveel moontlik jongmense wil deel.
Die werkswinkel vind op 11 Junie 2022 vanaf 09:00 tot 13:00 in die Toringkerksaal, Paarl, plaas. Voorafbespreking via kommunikasie@taalmuseum.co.za of 021 863 0543 is noodsaaklik. Meer oor Luna by lunapaige.com.
Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. DIE TAALMONUMENT, TAALMUSEUM EN KOFFIEWINKEL IS OOP VIR BESOEKERS. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit.
Protest poetry under the spotlight at Taalmuseum
Free workshop with musician Luna Paige in honour of Youth Month
In honour of Youth Month, the Afrikaans Language Museum and Monument presents a free workshop with musician Luna Paige on Afrikaans protest poetry. On Saturday, 11 June 2022, participants will analyse the exciting works of among others Adam Small, Breyten Breytenbach, Patrick Petersen and Lynthia Julius after which they will be able to create their own poems and lyrics, immediately set to music by Luna.
The poets whose work will be discussed are all known for their original Afrikaans works that openly address social issues and oppression. Given the frustrations and challenges that today’s youth also experience, the idea of the workshop is to help give young people a creative outlet for their ideas. By combining music with some of the poems/lyrics, it shows how sounds and words can work together to convey protest messages to young and old.
Luna is a songwriter, singer and producer who has released five full-length English and Afrikaans albums since 1999. She enjoys incorporating her own poetry as a linking text in her musical performances, and has presented numerous literature appreciation workshops for high school students as she wants to share literature with as many young people as possible.
The workshop will take place on 11 June 2022 from 09:00 to 13:00 in the Toringkerk’s hall, Paarl. Advance booking via kommunikasie@taalmuseum.co.za or 021 863 0543 is essential. More about Luna at lunapaige.com
For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument, call 021 872 3441/863 0543, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages on the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution’s past, present and future. There are also many resources for school and research projects. THE LANGUAGE MONUMENT, LANGUAGE MUSEUM AND COFFEE SHOP ARE OPEN TO VISITORS. Annual permits are available at only R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics.

Details

Date:
11th June 2022
Time:
9:00 am - 1:00 pm

Venue

Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl
Paarl, Western Cape 7646 South Africa
+ Google Map
View Venue Website