Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

FilosofieKafee – Wellington at Die Bôrdienghuis Teater

1st July 2022 @ 6:30 pm - 10:00 pm

Hoe het die beiteltjie dan so stomp geword? Sê my waar is al die intellektuele heen… – Wilhelm Jordaan
Hoe het die beiteltjie dan so stomp geword? Sê my waar is al die intellektuele heen…
Wilhelm Jordaan se inleiding tot die gesprek op 1 Julie by die FilosofieKafee in die Bôrdinghuis se teater op Wellington vind plaas teen die agtergrond van die stortvloed hoofsaaklik negatiewe kommentare oor sekere programveranderinge by RSG-radio. Die taamlik sterk konsensus is dat die veranderinge op ‘n voortgesette vervlakking van intellektuele gesprekvoering dui, soos dit ook elders in die samelewing voorkom.
Met N.P. van Wyk Louw se breë vermenslikende siening van die “ware intellektueel” in gedagte, gaan Jordaan die begrip “vervlakking” en die breedlopende simptome daarvan in oënskou neem. Hy vra ook waarom die benaming “intellektueel” verdag geraak het. En is daar iets soos ‘n “nuwe intellektueel” en wat is die uitlopers van dié manier van wees, dink en doen?
Die vraag is dan of daar nog ‘n plek en funksie is vir die soort intellektueel vir wie dié begrip nie op ‘n aanmatigende titel dui nie, maar op ‘n outentieke manier van wees in die wêreld. Vir hom behels dít, á la Van Wyk Louw, om oor belangrike lewensake redelik te dink, billik te oordeel, aarselend te veroordeel en die eie mening met ‘n bietjie meer selfkritiek te beskou. Verder behels dit om ook met verwondering en verbeelding lewensin te soek.
As só ‘n intellektuele houding meriete het, hoe gaan ons verseker dat dit gedy?
Wilhelm vertel dat hy “Lank-lank gelede, byna soos in ‘n sprokie” ‘n intreerede by Unisa moes hou. Sy onderwerp was ‘n Grammatika vir Menskunde. Dit het gegaan oor hoe die sielkunde kan baat deur interdissiplinêre samewerking, byvoorbeeld tussen sielkunde, teologie, letterkunde en filosofie. In sy akademiese loopbaan was dié tema vooropgestel en die rubrieke wat hy sedert 1987 vir Afrikaanse koerante skryf, is ‘n voortsetting daarvan. “Die projek kom nie klaar nie. Ek kan maar sê ek werk nog steeds aan ‘n onvoltooide én onvoltooibare grammatika vir menskunde.”
Daarnaas hou hy van lees oor alles en nog wat, vuurmaak, vleisbraai, kyk na die sterre, tuinmaak, reis na stil beskutte plekke, gesels met sy geliefde, klets met my kinders en kleinkinders en “maak praatjies vir die vaak – soos vanaand.”
IEDEREEN IS WELKOM !
R220 pp sluit aandete en ‘n glasie wyn in.
Bespreek asb by 0828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za en betaal by hierdie portaal: Verw: W01/07
http://pay.yoco.com/filosofiekafee
Of direk per eft:
Absa Spaar rek naam en no: Lamar 9242373000.

Details

Date:
1st July 2022
Time:
6:30 pm - 10:00 pm

Venue

Die Bôrdienghuis Teater
14 Burger Street
Wellington, Western Cape 7655 South Africa
+ Google Map
Phone
+27 61 156 5386