
A A N L Y N – M A R K I E T I E
Ons Markietie mag dalk anders lyk hierdie jaar maar dit het nogsteeds die beste poeding, burgers en gebak in die Boland!
Plaas jou bestellings vanaf Woensdag, 13 Oktober op ons aanlyn platform (
www.toringkerk.co.za) en kom hou saam Markietie op 5 November!
HOE WERK DIT?
Dink aan jou gewone roetine by jou gunsteling supermark.
1) Snuffel deur die produkte op ons aanlyn winkel en kies die produkte wat jy graag sou wou bestel.
2) Kies “Check Out” en maak jou betaling per EFT (Verwysing is jou “ORDER NUMBER”) of per Kaart, Kontant kan by Annelie betaal word tydens gewone kerkkantoorure.
3) Op die Check Out blad kan jy ook kies wanneer jy jou produkte wil afhaal – alle produkte is beskikbaar vanaf 11:00 vir afhaal – op hierdie manier is ons ook sensitief met die COVID regulasies!
4) Maak seker jy ontvang ‘n epos met jou bestellingsbesonderhede (die strokie by die kassier) – hierdie epos sal al jou produkte bevat, daar is ook ‘n ORDER NUMBER op wat jy 5 November vanaf 11:00 gaan benodig om jou pakkie af te haal.
5) As jy op enige punt onseker is kontak ons by die volgende:
-TK Whatsapp lyn: 084 621 2094
– TK Kerkkantoor: 021 872 6730
Ons is baie opgewonde om saam fees te vier!